CAR 000214
Award  Date:

Case Number: CAR 000214
Province: Western Cape
Applicant: THEODORE EDWARD ERASMUS
Respondent: DEPARTMENT OF EDUCATION WC
Issue: Unfair Dismissal - Constructive Dismissal
Arbitrator: L J KRIGE
EDUCATION LABOUR RELATIONS COUNCIL

CASE NUMBER : CAR 000214



In die arbitrasie tussen:

THEODORE EDWARD ERASMUS APLIKANT


and

DIE WES-KAAP ONDERWYS DEPARTEMENT DEPARTEMENT RESPONDENT



ARBITRASIE TOEKENNING


1 .

1.1 Hierdie arbitrasie is gehou by die Worcester Onderwyssentrum, Tulbaghstraat, op 4 November 1999. Mnr Erasmus het namens homself verskyn en mevrou Marna Knoetze het namens doe Wes-Kaap Onderwys Departement verskyn (WKOD).

2 . GESKILPUNTE

2.1 Met die aanvang van die arbitrasie is daar in gesprek getree met die partye om ooreen te kom oor die terme van verwysing, wat lui soos volg nl:

2.1.1 Die geskil bestaan uit die weiering van die onderhoudskomitee nan die Esselen Park Primêre Skool, Worcester om die disputant Mnr Theodore Edward Erasmus aan te beveel vir kortlysing vir die pos van Prinsipaal van die Esselen Park Primêre Skool, Worcester as gevolg van 'n beweerde verkeerde proses. Indien ek bevind dat die proses verkeerd is dat ek gelas dat die proses van kortlysting herhaal word.

3 . OPSOMMING VAN DIE GETUIENIS EN BETOE

3.1 Die disputant het anngevoer dat die komitee fouteer het aangesien uit persoonlike kennis van simmige van die kadidate is hy oortuig dat die beste kandidaat nie benoem is nie. Dit sou veel eerder wou voorkom asof daar gepoog is om die kortlysting kriteria so te manipuleer dat die persoon, wat huidiglik in die pos waarneem in die pos aangestel kan word.

3.2 Verder is dit aangevoer dat die primêre kriteria op 'n arbitrere wyse gewysig is iets wat in die oordeel van die disputant nie mag geskiet nie. Die gewysde primêre kriteria is ook verder nie korrek nie op hom van toepassing gemaak nie deurdat daar onder andere opleiding van laer skool onderwys vir die afgelope 13 jaar nie as relevant beskou was nie. Ook is sy laer skool ondervinding ook totaal geïgnoreer.

3.3 Daar is ook verder aangevoer dat die benoemins komitee ook gefouteer het deur die advertensie van die pos te ignoreer of totaal gemisinterpreteer het want die pos is geadverteer as 'n administratiewe pos. Bestuurservaring an nie ervaring in laer skool onderrig sou dus die fokus van die pos wees. Hy is reeds vir 13 jaar in senior betrekkings aangestel en dus bekik oor baie meer bestuurservaring as die benoemde.

3.4 Daar is aangevoer dat die ander kandidate etlike jare skoolhoofde is.

3.5 Botsende belange het ontstaan in sommige van die komitee lede. Dit maak dit, volgens die disputant se mening, dat dit feitlik onmoontlik is dat die soanige lede 'n benoeming sou ondersteun wat moonlik hulle eie aspirasies in die wiele kon ry. Sy kontensie is dat solank as wat persone met direkte eie belang deel vorm van die benoemingskomitee enige benoeming deur sodanige komitee onder verdenking sou staan. Die versoek is dus dat die proses herhaal word sodat die beste persoon aangestel kan word en nie noodgedwonge streep noodwendig die persoon wat alreeds waarneem nie.

3.6 Dit blyk met eens te wees dat die primêre kriteria vir die aanstelling van die prinsipaal St. 10 sou wees plus drie jaar onderwys opleiding. Vir 'n pos vlak 4 aanstelling wat die skoolhoof posisie sou wees is die minimum vereistes 7 jaar ondervinding.

3.7 Die disputant het aangevoer dat die WKOD die minimum kriteria vasgestel het en dat dit nie binne die magte van die onderhoudskomitee val om hierdie kriteria te verander. Hulle kan wel addisionele kriteria daar stel maar hulle kan nie die primêre kriteria verander nie, so lui die

3.8 Uit die notule van die kortlysting vergadering van 10 Maart 1999 blyk dit asof die volgende adisionele kriteria bygelas is:

3.8.1 Ten minste 15 jaar onderwyservaring waarvan ten minste 10 jaar primêre/laerskool ondervinding is.

3.8.2 Die kandidaat se huidige bestuurspligte primêre skool/laerskool.

3.8.3 Opleiding en ervaring in senior primêre fase.

3.8.4 Moet aan spesifieke akademiese vereistes van die kurrikulêre behoeftes van die laerskool/primêre skool voldoen.

3.8.5 Die kandidaat moet Afrikaans magtig wees.

3.9 Dit was uitgewys dat nêrens in die oorkonde van hierdie notule verskyn dit dat hierdie voorstelle aanvaar is. Onder kruis verhoor het die diputant erken dat die notule verwys dat "Mnr Sers stel voor dat ons volstaan by die 5 punte" en "Mnr Alberts sekondeer". Hy het toegegee dat klaarblyklik sou die voorstelle aanvaar gewees het al blyk dit noe so in die oorkonde nie.

3.10 Vir 13 jaar het hy onderwysers vir laer skool opgelei by die Sönghe Kollege nou genoem die Worcester Cimmunity Kollege. Sy huidige hoedanigheid is die van Direkteur van die Kollege waar hy een of twee klasse vir vierde jaar studente gee met Afrikaans as kern opleiding. Die diputant se kwalifikasies is BA, SOD Diploma, BA Honneurs, B Ed en hy is besig met sy tesis vir sy MA. Hy is 18 jaar in diens. Hy het in 1980 in die onderwys begin maar daar was 'n onderbreking vir 18 maande tussen 1982 en 1983. Hy is betrokke met die praktiese opleiding van studente vir onderrig in die laerskool. Dit behels onder andere op 'n gereelde basis na die skole te gaan om die studente th evalueer hoe hulle laerskool onderrig doen. Hy het ook op Carnarvon in 1982 vir drie maande St4 en5 klas gehou. Dit was by die Carnarvon Sekondêre Skool. Hy gee ook demonstrasie lesse by die Kollege hoe om lesse te gee. Hy sou een demonstrasie klas per jaar gegee het, vir die vorige 11 jaar behalwe vir die laaste 2 jaar. Baie het hy na naburige skole gegaan om met kiders tegnieke te probeer terwyl studente klas gee. As die studente klei trap dan neem hy oorom the help. Soms het hy ook lesse oorgeneem. Hy het ook werkswinkels gedoen in die dorp. Hy was ook voor hy Direkteur van die Kollege geword het 'n Departementshoof en voor dit senior dosent an voor dit dosent.

3.11 Dit is uitgewys net disputant en Mnr N Ontong se name verskyn in die notule an dat dit eienaardig is dat die ander kandidate se name nie verskyn nie.

3.12 Daar is ook verder aangevoer dat die addisionele kriteria diskriminerend teenoor sekere van die kandidate is want wie sê dat junior primê re en intermediê re fase ervaring nie 'n goeie hoof kon maak nie. Dit sou diskrimineerend wees want sekere persone is darvolgens uitgesluit. Die siputant het gesê dat sy ervaring is in die oplei van senior primêre onderwysers en dat dit neerkom op ervaring in die primê re skool vlak.

3.13 Onder kruisverhoor het die disputant toegegee dat volgens skedule 1 van die Education Labour Relations Council Resolution No. 5 of 1998., paragraaf 3.6 dat die onderhoudskomitee bemagtig is om die kortlys op the stel "subject to the following guidelines:

3.6.1. the criteria used must be fair, non-discriminatory and in keeping with the Constitution of the contry.

3.6.2. the criteria needs of the school.


3.6.3. the obligations of employer towards serving educators and

3.6.4. the list of shortlisted candidates for interview process should not exceed 5 per post."

3.14 Hy het aangevoer dat dit sou arbiter gewees het om 10 jaar ondervinding in primêre laerskool vas te stel. Die Departement se minimum vereistes sou 7 jaar wees en daar is niks wat aandui dat hulle dit kan vermeerder tot 10 jaar nie. Hy het aangevoer dat dit moes gegaan het oor sy administratiewe vermoë. Hy het verder aangevoer dat die addisionele kriteria moes in lyn wees met die advertensie en naamlik fokus op die administrasie van die skool. Dit was gedoen met die doel om sekere mense uit te sluit.

3.15 Hy het verder aangevoer dat twee lede van die komitee ook aansoek hedoen het naamlik Mnr Booyse en Mnr Lesch. Hulle het aansoek gedoen vir die Departementshoof poste. Dit sou dan die saak vir die disputant gewees het en hy was nie seker nie maar een het aansoek gedoen vir die adjunk-hoof pos.

3.16 Ek mag aanvoer dat uit die staan spoor uit was daar melding gemaak dat die disputant die persoonlike lêers van die ander kandidate wou hê maar op uitvraging op welke basis dit relevant is het hy hierdie versoek laat vaar.

3.17 Vir die WKOD het Mnr Lesch getuig. Hy was ook 'n lid van die komitee en het wel aansoek gedoen vir 'n HOD pos. Hy het getuig oor die 5 addisionele kriteria. Hy het gesê dat toe dit uitgevind word dat die disputant aansoek gedoen het vir die pos van Prinsipaal dat hy van sy hoedanigheid as voorsitter van hierdie komitee afstand gedoen. Hul het na sy ondervinding gekyk in sy C.V. Die komitee het by die addisionele kriteria gekom want hulle het gekyk na die behoeftes van die skool en veral behoeftes van 'n primêre skool. Daar is gesê dat die ondervinding wat die disputant opgedoen het oor die laaste aantal jare nie dieselfde is as primêre skool opleiding nie, maar dat hulle baie na aan mekaar is. Verder is uitgewys dat 'n gedeelte van die 13 jaar was die disputant nie by 'n primêre skool nie, en dat daar verskillende maniere was om met volwassenes te handel en met kinders op 'n primêre vlak mee te handel. Hy het ook ontken dat die kriteria gemanipuleer is om die disputant uit te sluit. Daar is ook gesê dat opleiding van onderwysers is nie dieselfde as praktiese ervaring nie en dit was dan aan hom gestel dat 'n klomp kolleges sou dan hulle tyd gemors het.

3.18 Mnr Jan Jakobus Booyse het ook getuig dat hy die sekretaris van die onderhoudkomitee was en het die notules opgestel. Toe hy uitgevra is oor hoekom net Mnr Ontong en Mnr Erasmus se name melding van gemaak is in die notule het hy gesê dat hy ook deelgeneem het in die gesprek en dus met die verloop van tyd kon hy nie alles neerskryf nie. Dit is aan hom gestel dat dit moontlik is dat Mnr Booyse en Mnr Hoffmann vooraf ooreengekom het dat die een die ander se aansoek sou ondersteun naamlik dat Mnr Booyse, Mnr Hoffmann se aansoek vir prinsipaal sou ondersteun an dan as Mnr Hoffmann daardie pos kry dan sou die adjunk hoof se pos oop wees en Mnr Booyse sou aansoek doen daarvoor. Mnr Hoffmann sou sy aansoek daar ondersteun. Dit was ontken dat daar ooit so ooreengekom is en die beste toegewing was dat dit 'n onwaarskynlike moontlikheid is. Dit was aan hom gestel dat menslik gesproke bestaan die logika dat daar wel so ooreengekom is, maar dit was ontken. Daar was ook nie aan die getuie gestel dat Mnr Hoffmann, Mnr Booyse se aansoek vir die adjunk-hoof pos wel ondersteun het.

3.19 Dit was ontken dat die 10 jaar laerskool onderwys ondervinding arbiter was en daar was getuig dat die kriteria was gespits daarop dat dit sou voldoen aan die behoeftes van die laer skool. Dit was aan die getuie gestel dat 10 jaar primêre /laerskool ondervinding arbiter was en sonder wetenskaplike gronde waarop die antwoord was dat dit nie in isolasie geneem moet word nie maar dat in die samehang van die ondersoek komitee was dat dit as deel sou vorm van die addisionele kriteria. Daar was gese dat 'n bestuursvlak pos behoort te beskik oor sekere mate van laerskool ondervinding met 'n grote mate van bestuursvermoens wat hulle al opgebou het. Hy het gesê nog was die kriteria gemanipuleer om die disputant uit te skakel en nog het hy eie belang gehad in die disputant se geval want die aansoek vir adjunk hoof is eers gemaak na die beslissing oor die hoof se pos.

4 . SLUITINGSBETOOG

4.1 Dit is toegegee dat ongelukkig is nie alles bewys nie, maar daar was aangevoer dat die verwysing van die primêre kriteria geen wetenskaplike fondasie het nie. Daar was verder aangevoer dat die interpretasie van die woord administrasie niks anders aandui as dat die primêre bron van die pos neerkom op administratiewe vermoë. Moes dit primêre onderwyser ervaring wees of bestuurservaring, maar daar kan nie gesê word dat daar enige wesentlike verskil is tussen 'n laerskool en kollege bestuur nie. Daar is aangevoer dat die kurrikulêre behoeftes te wyd gestel is. Verder is dit aangevoer dat dit kan nie gesê word dat ander en relevante ervaring by 'n kollege nie sou aandui dat hy nie 'n goeie laerskool prinsipaal kon wees nie. Hierdie primêre kriteria is arbiter en op 'n willekeurige wyse gewysig.

4.2 Vir die WKOD het Mevrou Knoetze betoog dat daar aan die vereistes van Resolusie Nr 5 van 1998 voldoen is, want daar is gelyk na die skool se behoeftes. Hy was nie die enigste kandidaat en almal is met dieselfde kam geskeur. Hy is oorweeg volgens die kriteria en is behoorlik uitgeskakel. Daar is aangevoer dat daar gekom is by die 10 jaar laerskool ondervinding kriteria want daar is gekyk na die behoeftes van die skool en besluit dat hierdie kriteria die behoeftes van die skool sou nakom.

5 . EVALUASIE

5.1 Insoverre die disputant aanvoer dat die wysing van die primêre kriteria en die aanbring van addisionele kriteria nie mag skiet nie is dit ook so dat Resolusie 5 van 1998, paragraaf 3.6.1 hierbo na vermeld die komitee bemagtig om kriteria vas the stel as 'n riglyn wat "fair, non-discriminatory and in keeping with the Constitution of the country" kon wees. Toe ek die duspitant uitvra in welke manier die aanstelling van hierdie additionele kriteria teenstrydig is met die Grondwet is ek na geen klousules van die Gronwet verwys. Dit kan natuurlik wees en die betoog is natuurlik dat dit diskriminerend was, want volgens Artikel 9 van Gronwet van die Republiek van Suid-Afrika Wet Nr 108 van 1996 is dit so dat die Staat nie onbliklik mag diskrimineer teen enig iemand nie. Nie een van die spesifieke gronde waarvan melding gemaak is in Artikel 9 sub-artikel 3 van ons Grondwet is van toepassing hierso nie. In elk geval kon dit regsargument staaf indien dit wel onbliklike diskriminasie is.

5.2 Die disputant voer aan dat daar teen hom gediskrimineer is. Die enigste basis kan net wees dat hy het nie spesifiek 10 jaar laerskool ondervinding op gedoen nie. Hierdie impliseer natuurlik erkenning dat hy nie die nodige laerskool ondervinding wel opgedoen het nie. Inteendeel, dit was ook betoog dat hy wel die nodige ervaring opgetel het met die gee van klasse en die lesings as dosent. Nou beide kan nie korrek wees nie. Of hy het nie die ervaring opgedoen nie en was derhalwe verkeerdelik uitgesluit as gevolg van 'n ordelike kriteria of hy het nie die nodige ervaring en was dus verkeerdelik uitgesluit. Inteendeel was die betoog ook dat sy administratiewe ervaring by die kollege nie behoorlik in ag geneem is nie. In elk geval watter teenstrydige argument eintlik van toepassing is blyk dit vir my soos volg te wees:

5.2.1. daar is redes wat aangevoer kan word dat die vasstelling van die 10 jaar laerskool/primêre skool ondervinding kriteria daar bestaan het vir goeie redes. Ek kan nie bevind dat dit onredelik is aan die kant van die komitee om hierdie klousule vas te stel want daar sou 'n verskil wees tussen die opleiding van onderwysers om met kinders mee te handel en die hantering van kinders self. Tien jaar ondervinding van klas gee aan kinders op 'n primêre vlak in vergelyking met tien jaar se ondervinding met die gee van lesings aan studente ter aanvoering van hul onderwys diplomas is nie met eens nie. Studente is anders as kinders. Heelwaarskynlik is daar ander vermoë wat voor die dag gebruik moet word.

5.2.2. Al het die skoolhoof van 'n primêre skool administratiewe verpligte, was dit nooit aan die getuies van die komitee gestel dat hulle nie behoorlik die administratiewe hoedanigheid in aggeneem, inteendeel is daar getuig dat dit volledig uiteengestel is in die C.V. wat hulle gelees het.

5.3 Dit wil voorkom asof die hoofargument dat die primêre kriteria onregverdig en onbliklik gewysig is. Dat dit arbitrêr was en onwetenskaplik. Ek kan nie bevind dat dit onredelik is aan die kant van die onderhoudskomitee om hierdie addisionele kriteria vas te stel. Daar is redes aangevoer hoekom dit nodig is veral dat die mikpunt gespits is op die behoeftes van die skool dat hulle 'n meer ervare persoon naamlik met tien jaar laerskool/primêre skool ondervinding wou hê om op die kortlys te plaas. Dit kan derhalwe nie as arbitrêr beskou word nie, nog onwetenskaplik, nog onbliklik.

5.4 Die opvolg argument is dan verder dat die disputant se administratiewe ervaring nie behoorlik in ag geneem is nie. Die aangevoerde redes volgens die notules hoekom Mnr Erasmus uitgeval het is naamlik "hy het nie primêre skool/laerskool onderwys ervaring nie". Niks draai op die verskil tussen onderwys ervaring en laerskool onderving. Klaarblyklik wys byde van hulle na ervaring/ondervinding in 'n primêre skool, nie in 'n kollege of enige ander instansie nie. Of die administratiewe aspekte wesenlik van belang sou wees aldan nie sou nog steeds deel vorm van die kern vraag en dit is of die disputant verkeerdelik uitgesluit is as gevolg van sy versuim om die nodige laerskool ondervinding op te doen aldan nie en dat sy ondervinding in die oplei van laerskool onderwysers nie behorlik in ag geneem is nie. Ek het al reeds bevind dat die addisionele kriteria nie onredelik vasgestel is nie. In elk geval kan ek nie bevind dat sy administratiewe vaardigheid nie behoorlik in ag geneem is nie. Die notules is stilswyend hieroor en daar was nie bevind dat sy ondervinding nie die nodige administratiewe ervaring bewys nie. Inteendeel was die getuienis dat sy C.V. met die verwysings na administratiewe ervaring in aggeneem. Dit kan nie gesê word dat bestuurservaring meer belangrik is as primêre/laerskool ondervinding. Ek kan nie bevind dat die onderhouds komitee gefouteer het het om die fokus van kriteria en ondersoek sou ondervinding/ervaring wees nie en nie te besluit dat sy administratiewe ervaring nie meer gewig sou dra as primêre/laerskool onderrig nie. Al was sy administratiewe ervaring nie behoorlik in aggeneem nie, sou dit geen wesenlike verskil maak oor of hy korrek uitgesluit is op primêre kriteria.

5.5 Verder kan ek ook nie bevind dat die kriteria so gemanipuleer is om die disputant uit te sluit, om rede daar ongenoegsame getuienis tot dien effek en was daar ook nie volstaan met hierdie betoog in sy sluitings argument nie.

5.6 Insoverre daar botsende belange plaasgevind het in die twee lede van die komitee kan ek nie op die getuienis so bevind nie, Daar is ook nie volstaan by hierdie argument in die sluitings betoog nie. Botsende belange vir die HOD poste waarvoor aansoek gedoen is, het nie ontstaan nie en daar is nie bewys dat Mnr Booyse en Mnr Hoffmann ooreengekom her vooraf om mekaar se aansoek the ondersteun nie. In elk geval sou die vakatuur eers onstaan na die gebeure.

5.7 Insoverre daar betoog is dat die onderhoudskoitee nie by magte was om addisionele kriteria by te las wat strenger maatreëls sou toepas as wat die minimum kriteria wat deur die Departament vasgelê is kan ek nie bevind dat die komitee ultra vires gemelde riglyne sou op getree het. Dit blyk bilik te wees en dit kan nie gesê word dat dit onbilik is nie. Dit is ook nie diskriminerend teenoor die disputant en gebaseer op enige ras, kultuur, ouderdom, taalgebruik en so voorts soos uiteengesit in Artikel 9 van die Grondwet en insoverre daar kriteria vasgestel is wat tot die uitsluiting van die disputant sou neerkom kan ek nie bevind dat dit nie regverdig is nie.

6 . TOEKENING

In die omstadighede kan ek nie bevind dat die proses herhaal word nie.


________________________
L J KRIGE
ARBITRATOR
ADDRESS
261 West Avenue
Centurion
Gauteng 
0046
BUSINESS HOURS
8h00 to 16h30 - Monday to Friday
Copyright Education Labour Relations Council. 2021. All Rights Reserved. Created by 
ThinkTank Creative