PSES CAR 000277 WC
Award  Date:

Case Number: PSES CAR 000277 WC
Province: Western Cape
Applicant: M SCHOLTZ
Respondent: DEPARTMENT OF EDUCATION
Issue: Unfair Dismissal - Constructive Dismissal
Venue: SWARTLAND HIGH SCHOOL
Arbitrator: L J KRIGE
EDUCATION LABOUR RELATIONS COUNCIL

CASE NUMBER : CAR 000277



In die arbitrasie tussen:

MICHAEL SCHOLTZ APLIKANT


and

WES-KAAP ONDERWYS DEPARTEMENT RESPONDENT



ARBITRASIE TOEKENNING


1 .

1.1 Hierdie arbitrasie is gehou te Swartland Hoërskool op 13 April 2000. Mnr C Booysen van SADOU het namens Mnr Scholtz (hiena genoem "die disputant") opgetree en Mnr K Petersen het namens die Wes-Kaap Onderwys Departement opgetree.

2 . GESKILPUNTE

2.1 Die partye het nie ooreengekom oor die terme van verwysing maar het wel vir my meegedeel dat die geskilsbrief van die disputant gebruik moet word as die terme van verwysing.

2.2 Dit blyk dat disputant wie tans adjunk prinsipaal is by die Atlantis Avenue Primêre Skool aansoek gedoen het vir die prinsipaal fakture posnommer 0311 in fakturelys 3/98 ‘n skool in Moorreesburg. Dit blyk uit die geskilsbrief dat die disputant benoem is deur die beheerliggaam maar dit is toe later teruggetrek as gevolg van ‘n dispuut. Die rede is “as gevolg van ‘n gebrek aan objektiwiteit van sommige beheerraadslede.” Met die herhaling van die proses was disputant nie benoem nie, maar Mnr Rafferty, die huidige waarnemende hoof.

2.3 Daar is verskeie betoë geopper namens disputant hoekom ek moet aanbeveel dat die proses herhaal moet word. Daar is veral aanslag gemaak op die subjektiwiteit van sekere van die beheerraadslede veral in hulle punte toekenning en dat daar geen kontrole was oor die toekenning van punte. Dit blyk vir my asof die disputant wou soos ‘n eksamen kontroleerder die punte toekenning oorweeg. Volgens my mening is dit onvanpas in ‘n demokratiesestelsel soos opgerig is in die S A Skolewet vir die demokratiese aanstelling van opvoeders. Hoekom ‘n beheerraadlid vir ‘n persoon stem is nie aanvegbaar nie tensy dit onbehoorlik beïnvloed is. ‘n Persoon kan nie aangeval word as hulle byvoorbeeld vir die NNP stem en nie vir die ANC nie, of anders om.

2.4 ‘n Verdere rede wat meer van pas is onder die omstandighede is soos volg beskryf:

“Daar is ‘n familie verwantskap tussen ‘n beheerraadslid en die benoemde. By my bestaan twyfel oor die lid se objektiwiteit tydens die proses.”

2.5 Dit blyk dat Mnr Hendriks een van die opvoederverteenwoordigers op die beheerliggaams vergadering is Mnr Rafferty die huidige benoemde se eggenote se suster se kind. Met ander woorde die klein neef van Mev Rafferty.

2.6 Mnr Petersen namens die Departement het aangevoer dat die beleid is dat as daar ‘n bloedverwantskap is tussen een van die beheerraadslede en ‘n aansoeker dat sulke beheerraadslid onttrek moet word van die proses. Hy het uitgewys dat onder bogenoemde omstandighede daar geen bloedverwantskap is nie. Op aanvraag deur myself of ‘n vrou uitgesluit moet word as haar man aansoek doen, want daar is geen bloedverwantskap tussen hul nie, is ek meegedeel dat enige getroude persone uitgesluit behoort te word.

2.7 Die beginsel oor partydigheid is gebaseer op die beginsel dat “no man may be a judge in his own cause”.

2.7.1 Wade & Forsythe: Administrative Law Seventh Edition, bl. 474 verduidelik die Engelse geskiedenis wat ooreenstem met die Romeins Hollandse beginsel nemo iudex in sui causa dat geen persoon ‘n belang in ‘n saak mag hê nie. Die skrywers verwys in hul gesprek oor wie gediskwalifiseer behoort te word, dat ‘n persoon moet, “if they would be likely to have a bias from kindred or other cause”. Ook te bl.487

“Among other obvious cases of prejudice are personal friendship or hostality and family or commercial relationship.”

2.8 Die skrywers gaan verder en vertel die volgende:

University College of Swanzi v Cornelius [1988] ICR 735:

“Bias was found where a member of an industrial tribunal was the mother - in law of a professor who had sat on the internal appeal committee of a college which dismissed allegations of sex discrimination and unfair dismissal.”

2.9 Dit is ook so dat dit nie behoort bewys te word dat die besluitnemer eintlik bevooroordeeld was, net dat die moontlikheid bestaan dat hy bevooroordeeld kon wees. Daar is groot geregsgeskille wat ontstaan het tussen die “reasonable suspicion test” and “the real likelihood of bias test”, wat in Suid-Afrikaanse regsgeleerdheid uitgekom het dat die klem nou behoort te lê op die “reasonable suspicion of bias” wat meer subjektief is as die “real likelihood of bias” wat meer objektief is. Dit blyk volgens Wade se gesprek dat in Engelswet dit teruggedraai het na ‘n meer objektiewe toets veral in strafsake.

Sien: Rex v Gough [1993] AC 646;

Wade & Forsythe 482.

2.10 Die punt word ook gemaak dat dit hoef nie bewys behoort te word dat Mnr Hendrikse se beslissing in enige manier beïnvloed is deur die familie verwantskap want die familie verwantskap opsigself dui aan dat die persoon gediskwalifiseer behoort te word.


3 . OPSOMMING


3.1 In die omstandighede was daar ongerymdhede in hierdie benoemings proses as gevolg van een van die lede van die beheerraad se familie verwantskap met die huidige benoemde. Dit is een van ons nuwe staatsbeginsels dat deursigtigheid en geregtigheid geskied moet word en derhalwe kan die huidige benoeming nie staan nie.

4 . TOEKENNING

4.1 In die omstandighede word daar aanbeveel dat die onderhoud en benoeming tot die prinsipaal fakture pos nommer 0311 in fakture lys 3/98 in Moorreesburg herhaal moet word.


4.2 Daar is geen koste toekenning nie.


________________________
L. J. KRIGE
ARBITRATOR



EDUCATION LABOUR RELATIONS COUNCIL
ARBITRATION AWARD

CASE NUMBER PSES CAR 000277 WC
APPLICANT M SCHOLTZ
RESPONDENT DEPARTMENT OF EDUCATION
NATURE UNFAIR LABOUR PRACTICE
ARBITRATOR L J KRIGE
DATE OF ARBITRATION
VENUE SWARTLAND HIGH SCHOOL


REPRESENTATION:

APPLICANT MR C BOOYSEN (SADOU)
RESPONDENT MR K PETERSEN
AWARD:

1 In die omstandighede word daar aanbeveel dat die onderhoud en benoeming tot die prinsipaal fakture pos nommer 0311 in fakture lys 3/98 in Moorreesburg herhaal moet word.


2 Daar is geen koste toekenning nie.

DATE OF AWARD
ADDRESS
261 West Avenue
Centurion
Gauteng 
0046
BUSINESS HOURS
8h00 to 16h30 - Monday to Friday
Copyright Education Labour Relations Council. 2021. All Rights Reserved. Created by 
ThinkTank Creative