PSES CAR 000192 WC
Award  Date:
7 October 1999
Case Number: PSES CAR 000192 WC
Province: Eastern Cape
Applicant: W C BROWN
Respondent: DEPARTMENT OF EDUCATION WC
Issue: Unfair Dismissal - Constructive Dismissal
Venue: CAPE TOWN
Award Date: 7 October 1999
Arbitrator: L J KRIGE
EDUCATION LABOUR RELATIONS COUNCIL

CASE NUMBER : CAR 000192



In die arbitrasie tussen:

R G BROWN APPLIKANT

en

WES-KAAP ONDERWYS DEPARTEMENT RESPONDENT



ARBITRASIE TOEKENNING


1 . VERHOOR EN VERTEENWOORDIGING


1.1 Hierdie arbitrasie was gehou te Kaapstad op 4 Oktober 1999 by die Wes-Kaap Onderwys Departement se kantoor en gehou ooreenkomstig die ooreenkoms aangegaan en gepubliseer as Resolusie 7 van 1997.

1.2 Mnre Fakier en Mattheuws het namens die Departement opgetree. Mnr Brown sou verteenwoordig gewees het deur sy vakbond verteenwoordiger van SADOU , Mnr Don Pasqualle, maar met die aanvang van die arbitrasie is ons meegedeel dat Mnr Pasqualle nie gaan opdaag nie omrede dat hy ‘n dringende unie vergadering het. Ek het aan Mnr Brown sy regte verduidelik dat hy kan vra vir ‘n uitstel om wel verteenwoordiging te kry. Desnieteenstaande het hy aangedui dat hy bereid was om voort te gaan met die arbitrasie sonder ‘n verteenwoordiger.

2 . AGTERGROND

2.1 Met die aanvang van die verhoor is dit soos volg ooreengekom oor my terme van verwysing naamlik of die disputant beskerm is in terme van Resolusie 3 van 1996 met ander woorde of die disputant in ‘n substantiewe vakante pos was op 30 Junie 1996, en indien so, dat die brief van 5 Januarie 1999 tersyde gestel word, en die brief van 13 Januarie 1998 hervestig word, en verder indien so, dat ek ‘n bevel uitreik dat die disputant beskerm is ingevolge Resolusie 3 van 1996 en kwalifiseer om aangestel te word op ‘n permanente basis, en indien nie, dit bevind word dat hy plaasvervanger leerkrag is met ‘n eind-datum van sy indiensneming.

2.2 Die getuienis was wel dat die disputant aangestel is in 1994 (bewysstuk “D”) vir ‘n vasgestelde periode beëindiging 30/12/1994. Met sy aanstelling as ‘n handwerkunde is dit wel so dat goedkeuring gegee is van Mnr Fredricks namens die Departement om die “diensstaat met een te oorskry om die handwerkunde to akkommodeer” (bewysstuk “E”). Daarna was die disputant weer aangestel op 1 Januarie 1995 tot 30 Junie 1995 en dan weereens tot 31 Desember 1995. Van Januarie 1996 tot Maart en dan weer tot 30 Junie 1996 blyk dit asof Mnr Brown weer aangestel is. Inderdaad het die disputant ook toegegee dat hy ingevolge verskeie vaste periode kontrakte aangestel is.

2.3 Dit is natuurlik eienaardig dat volgens die laaste twee dokumente naamlik die benoeming vir aanstelling as onderwyser dokumente “H” en “I” wat die disputant se aanstelling geregeer het in die betrokke tydperk tot op 30 Junie 1996 dat hy die pos van Mnr Radcliffe beklee het. Mnr Ratcliffe was die onderhoof wat met vakansie sou gegaan het. Daar was getuienis dat Mnr Standaar wel tydelik sy plek as onderhoof beklee het en ‘n ander persoon sou Mnr Standaar se pos tydelik beklee het as Hoof van die Departement. Inderdaad sou die disputant eintlik ‘n pos vlak 1 pos beklee het. Mnr Lakay die huidige skool hoof van John Ramsay Sekondêr wat getuig het in die arbitrasie het toegegee dat hierdie dokument verkeerd is in die sin dat die disputant nie die pos van Mnr Radcliffe beklee het.

2.4 Die disputant het verdere getuienis voorgelê in die vorm van ‘n brief van die Inspekteur van Onderwys gedateer 9 November 1995. Uit hoofde daarvan bly dat die belangrike gedeelte waarvan soos volg lees:

“Die aansoek om oorplasing word aanbeveel. Dit skyn gemeld te word dat die John Ramsay Sekondêr het ‘n behoefte in ‘n handwerk leerkrag. Tans is die skool een pos bo die diensstaat om aan die behoefte te voldoen. Indien die oorplasing kan geskiet kan dit tot voordeel van die Departement wees.

Die disputant het betoog dat met die goedkeuring van hierdie oorplasing van Mnr Engel waaroor hierdie brief gaan is ‘n vakante pos daargestel.”

2.5 Die disputant het gesê dat die eerste keer dat hy gehoor het dat hy aangestel is in die plek van Mnr Radcliffe was toe hy die brief ontvang het wat die fout met die bevestiging van sy permanente aanstelling voor die dag gebring het.

2.6 Ten laaste is ek deur die Departement verwys na die saak van Grove Primary School v Minister of education & Others 1997 (4) SA 982 CPD verwys veral bladsy 1013 C - D waar dit blyk dat die volgende gedeeltes van Resolusie 3 van 1996 verkrag op 30 April 1996 tersyde gestel is naamlik ... “(2) para 1.9 (b)(i) - (iv)”. Hierdie is die belangrike gedeelte van Resolusie 3 en veral waarop die disputant steun vir sy aanspraak dat hy as permanent beskou behoort te word.

3 . BESPREKING

3.1 Indien dit so is dat die relevante gedeelte van Resolusie 3 van 1996 tersyde gestel is deur die Hooggeregshof blyk dit asof die tapyt van onder die disputant se voete uitgetrek is, en dat dit my hande bind om enige verklaring uit te reik ingevolge ‘n resolusie wat ultra vires en tersyde gestel is.

3.2 Dit is onwenslik omrede en ingevolge my terme van verwysing indien ek nie tevrede is dat die disputant kwalifiseer om aangestel te word op ‘n permanente basis, dat ek dan moet bevind dat hy ‘n plaasvervangende leerkrag was met ‘n eindperiode van sy indiensneming. Ek is huiwerig om ‘n alternatiewe bevel uit te reik om rede die feit dat sy benoeming as ‘n tydelike onderwyser in die plek van Radcliffe klaarblyklik nie juis is nie en as Mnr Engel dan wel oorgeplaas is, dan was John Ramsay Sekondêr nie oortollig nie, met die gevolg dat daar wel dan ‘n vakante substantiewe pos was wat die disputant sou beklee het.

3.3 In die omstandighede weier ek om enige bevel uit te reik.

________________________
L J KRIGE
7 OKTOBER 1999


EDUCATION LABOUR RELATIONS COUNCIL


ARBITRATION AWARD

CASE NUMBER PSES CAR 000192 WC
APPLICANT W C BROWN
RESPONDENT DEPARTMENT OF EDUCATION WC
NATURE CONTRACT / APPOINTMENT
ARBITRATOR L J KRIGE
DATE OF ARBITRATION 4 OCTOBER 1999
VENUE CAPE TOWN


REPRESENTATION:

APPLICANT IN PERSON
RESPONDENT MESSRS FAKIER & MATTHES


AWARD:

In die omstandighede weier ek om enige bevel uit te reik.



DATE OF AWARD 7 OCTOBER 1999
ADDRESS
261 West Avenue
Centurion
Gauteng 
0046
BUSINESS HOURS
8h00 to 16h30 - Monday to Friday
Copyright Education Labour Relations Council. 2021. All Rights Reserved. Created by 
ThinkTank Creative